|
Liesel du Toit
Liesel het in 2006 met ‘n B.Sc in Fisioterapie aan die Universiteit van Stellenbosch gekwalifiseer. Sy spesialiseer in ortopediese manuele terapie (OMT) en sportbeserings en stel baie belang in fisioterapie vir diere. Vir ontspanning hou sy van stap, veral saam met haar honde en hou ook van perdry. Sy hou ook van waaghalsige sportsoorte soos valskermspring en witwater-kanovaart.
|