Kliniese Toestande Behandel
Ons behandel ‘n verskeidenheid toestande wat hoofsaaklik deur dokters na ons verwys word. Dit sluit onder meer die volgende in:
- Werwelkolom-probleme of disfunksionele pyn (nek, torakaal, rug en pelvis);
- Hoofpyn;
- Temperomandibulêre gewrigstoestande en disfunksies (kakebeenpyn);
- Perifêre gewrigte soos die skouer, knie en enkel;
- Spier- en sagteweefselbeserings soos ligamente en hamstring;
- Sportbeserings as gevolg van hardloop, gholf, loop, swem, tennis, netbal, rugby, hokkie, krieket en atletiek;
- Longtoestande;
- Pediatrie insluitende longtoestande en tortikollis (stywe nek)
- Sinusitis;
- Vertigo (balansprobleme);
- Mastektomie;
- Algemene chirurgie;
- Beroerte en neurologiese toestande;
- Bell se Paralise (gesigsverlamming);
- Kraniaalsenuwee- en gesigspyn;
- Na-geboorte borstoestande soos seer tepels en mastitis;
- Limf-dreineringsprobleme;
- Pyntoestande soos RA en fibromialgie;
- Vestibulêre rehabilitasie.