dutoitphysiotherapy
  • Home
  • About Us
  • News
  • Permanent Staff
    • Voltydse Personeel
  • Locums
    • Tydelike Personeel
  • Conditions Treated
    • Toestande Behandel
  • Techniques Applied
    • Spinal Mobilization
    • Manipulations
    • Soft Tissue Mobilization
    • Neural Mobilization
    • Dry Needling
    • Strapping and Taping
    • Stretching and Strengthening
    • Balance and proprioception
    • Sinus Irrigation
    • Electrotherapy
    • Other
  • Health Tips
    • Gesondheidswenke
  • Testimonials
  • Links
  • Directions
  • Appointments • Contact
Picture

Korrekte posisie by die lessenaar

  • Sit so na as moontlik aan die lessenaar met ken horisontaal en skouers ontspanne;
  • Sit regop en plaas ‘n opgerolde handdoek agter die rug indien nodig;
  • Hou bo-arms vertikaal en voorarms horisontaal;
  • Hou ‘n 90º grade hoek tussen bo-en onderlyf;
  • Plaas voete plat op die vloer
  • Moet nie te lank aaneen sit nie, beweeg gereeld rond en doen losmaak-oefeninge.

Hoe om nekpyn te vermy

  • Hou altyd die nek in ‘n neutrale posisie voor die televisie, agter die stuurwiel of by die lessenaar; 
  • Hou die skouers altyd in ‘n ontspanne posisie;
  • Slaap op ‘n goeie matras met die regte kussing om die nek in neutrale posisie te hou;
  • Moet nooit die telefoon tussen die oor en skouer vasknyp nie.

Picture
Verkeerd
Picture
Korrek

Hoe om rugpyn te vermy

  • Doen versterkingsoefeninge vir die maag- en rugspiere;
  • Hou altyd die rug reguit en gebruik die bene wanneer swaar gewigte opgetel word; 
  • Hou altyd die arms na aan die lyf wanneer swaar gewigte gedra word; 
  • Sit regop met die sitplek so ver vorentoe as moontlik in die motor. ‘n Kussing kan agter die rug geplaas word. 
  • Slaap verkieslik op die rug met ‘n kussing onder die knieë of tussen die knieë wanneer op die sy gelê word.     
Picture

Hoe om tempero-mandibulêre (kakebeen) pyn te vermy

  • Hou die gesig en nek warm wanneer die slape en kakebene sensitief vir koue raak;
  • Hou altyd die kakebeenspiere ontspanne;
  • Vermy stres op die kakebeenspiere deur nie pizza, kougom of biltong te eet nie;
  • Gebruik ‘n bytplaat indien nodig; 
  • Masseer die kakebeenspiere gereeld;
  • Gebruik warm pakke indien nodig.

Picture
Picture

Reëls vir oefening

  • Doen dit gereeld;
  • Begin met ligte oefeninge;
  • Enige oefening behoort nie pyn te veroorsaak nie;
  • Vermeerde die intensiteit geleidelik;
  • Wees gevoelig vir die liggaam se reaksie;
  • Pas die RICE-beginsel toe binne die eerste 48 uur na ‘n besering –Rus, Ys, Kompressie en Elevasie. 

Powered by Create your own unique website with customizable templates.